Brande: Boere smeek vir hulp

Deel hierdie storie / Share this story

Die boere in die Hertzogville- en Boshof-omgewing doen ‘n beroep op enige iemand van die gemeenskap wat bereid is om te gaan help vure doodmaak.

Die vuur was glo vanoggend onder beheer, maar die wind en die hitte het dit nou weer laat versprei.

“Ons is nou sover ‘n groep van ses mense wat van plan is om net na ses na Boshoff te ry om te gaan help. Die brand is te diep vir die brandweer om in te kom. Hulle ry elke vyf minute dorp toe om nog water te gaan haal,” vertel Lerise Esterhuizen, een van die groep van ses wat na Boshoff gaan ry om te help.

“Die boere huil en smeek al. Dis verskriklik om te hoor hoe groot mans huil. Die vee brand dood. Motors het al afgebrand. Ons het enige moontlike hulp nou nodig.”

Indien jy miskien sal kan gaan help, kontak vir Lerise by 071 674 7177 om die spesifieke plek te kry waar hulle gaan bymekaarkom.

https://www.facebook.com/441831859565179/posts/1139840653097626/