“Die boere huil en smeek al. Dis verskriklik om te hoor hoe groot mans huil. Die vee brand dood. Motors het al afgebrand. Ons het enige moontlike hulp nou nodig.”
So sê Lerise Esterhuizen, een van ‘n groep van ses wat nou na die veldbrande op pad is. “Ons het nou ‘n borg van 1 000 l water van GoZone gekry. Ons is so dankbaar.”
Die boere in die Boshof-omgewing doen ‘n beroep op enige iemand van die gemeenskap wat bereid is om te gaan help vure doodmaak. Daar word ook gevra dat enigiemand wat gaan help, water vir diegene wat help, sal saamneem.
Indien jy miskien sal kan gaan help, kontak vir Lerise by 071 674 7177 om die spesifieke plek te kry waar hulle gaan bymekaarkom.



