Boere benodig water, ligte en kanne

Deel hierdie storie / Share this story

“Omdat dit nou donker word, is dit ‘n bietjie gevaarlik vir almal om te kom help vure blus. Ons vra egter steeds dat enigiemand wat met water, ligte of kanne kan help, dit vir ons sal bring,” sê Lerise Esterhuizen, een van die groepie wat na Boshof deurgery het om die boere in die omgewing te help om die brande te blus.

Volgens Esterhuizen het die boere nou die drie hoofpunte van die brande gekry.

As enigiemand nog wil gaan help en bietjie by die boere, wat van vanmiddag af al baklei, wil oorneem, skakel asseblief vir Esterhuizen by 0716747177 om uit te vind waar jy kan help.