Stefanus Johannes Fourie, die tweede verdagte wat in verband met die Senekal-gebeure op 6 Oktober in hegtenis geneem is, is op borgtog vrygelaat.
Fourie het vandag in die Senekal-landdroshof op aanklag van openbare geweld, brandstigting, opsetlike saakbeskadiging en poging tot moord verskyn.
Sy gesig is glo op CCTV-kameras vasgevang.
André Pienaar, ‘n man wat ook verband met die gebeure in hegtenis geneem is, is vanoggend op borgtog van R15 000 vrygelaat.
Die twee Senekal-inwoners is in hegtenis geneem na ‘n skare na bewering die Senekal-landdroshof, waar die twee vermeende moordenaars van die plaasvoorman Brendin Horner verskyn het, bestorm het.



