Prokureur in plaasaanval dood

Deel hierdie storie / Share this story

NELSPRUIT. – Gerrit Stander (38) ’n bekende prokureur van hier, is vanoggend dood nadat hy op sy plaas vermoor is.

Stander, ’n prokureur by Swanepoel & Partners, se pa, Martiens, sê die verdagtes het na bewering die heining geknip en die hout sekuriteitsdeur afgebreek. Martiens sê die honde het begin blaf waarna Stander glo ondersoek ingestel het en ‘n paar keer geskiet is. Martiens sê ook na aanleiding van die toneel kan mens sien daar was ‘n struweling.

Christiaan, Stander se broer, het met hom na die hospitaal gejaag, terwyl sy ma, Yolandi, saam met Stander se dogter (8) agtergebly het. Stander is in die Kiaat-hospitaal dood.

Die verdagtes het twee selfone, ’n skootrekenaar en ’n televisie gesteel.