Liggaam in Greenside gevind

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY. – ’n Vrou het gister die liggaam van ’n man onder ’n boom in Molyneauxstraat, Greenside gevind. Nooddienste het hom op die toneel dood verklaar.

Brig. Mohale Ramatseba, polisiewoordvoerder, sê die man het ’n hospitaalbandjie om sy arm gehad en ’n suster by Robert Mangaliso Sobukwe-hospitaal het bevestig hy is ’n pasiënt van die hospitaal.

Die polisie ondersoek die saak om vas te stel of die man aan natuurlike oorsake oorlede is.