Ouers is in ’n tweestryd na ’n episode op Carte Blanche waar ouers uitpraat teen ’n bekende vroedvrou met haar eie geboortesentrum in Gauteng. Luidens gerugte het die vroedvrou vir haar kliënte medikasie om kraam aan te bring en te bespoedig sonder hul toestamming toegedien.
Mense het glo aantygings van nalatigheid begin maak nadat ’n aantal pasgebore babas dood is en drie ander in vier jaar met serebraal gestrem geraak het.
Mammas het vanaf gisteraand op verskillende “mamma-groepe” hulle kommer en eie ondervindings uitgespreek.
Talle mammas het bewerings gemaak dat hulle ’n “rescue remedy” aangebied is wat kraam vinniger en sterker aangebring het.
Nie alles net negatief
Ander mammas het weer op die vroedvrou se persoonlike Facebook-bladsy hulle ondersteuning uitgespreek. Almal het gesê dat hulle nog net goeie ervarings met een of meer babas gehad het.
FiND iT het die vroedvrou vir ’n onderhoud gekontak, maar sy wil nie in hierdie stadium nie met die media praat nie.



