Die Covid-19-syfer in Suid-Afrika het oornag met 1 877 gestyg. Daar is nou ‘n totaal van 696 414 positiewe gevalle in die land.
Die land se gesondheidspanne kon tot dusver 4 458 745 toetse vir die virus doen. Daar is 626 898 persone van die virus genees en 18 151 sterftes.
Gauteng bly die provinsie met die meeste gevalle.



