NOORD-WES. – Cornelius Jacob Swart is buite sy plaashuis op Heuningkrans oorval nadat die krag in sy huis afgegaan het.
Swart het met ’n flitslig na buite gegaan om ondersoek in te stel. Kapt. Aafje Botma sê Swart is glo deur ’n verdagte oorval. Die slagoffer het geval, maar het dadelik weer op die been gekom. Swart het die verdagte glo met die flitslig bygekom waarna die verdagte weggehardloop het.
Niemand is nog in hegtenis geneem nie. ’n Saak van huisroof word ondersoek.



