Ouers hoor glo eers 45 dae later van kind se dood

Deel hierdie storie / Share this story

JOHANNESBURG. – Die familie van Rene Andrews (15) wat Augustus in die hospitaal opgeneem is, het glo eers 45 dae later van haar dood uitgevind.

Water op haar longe

Andrews, wat Downsindroom gehad het, is op 9 Augustus as gevolg van water op haar longe in die hospitaal opgeneem. Kawara Kekana, woordvoerder van die Gautengse gesondheidsdepartement, het aan IOL bevestig Andrews was ’n pasiënt by die Helen Joseph-hospitaal. Kekana bevestig ook haar dood op 27 Augustus.

Covid-19-regulasies

Haar ouers het na bewering op 10 Oktober uitgevind hulle dogter is dood toe hulle vir haar ’n pakkie wou neem. Haar ouers kon nie by haar gekuier het nie as gevolg van die Covid-19-regulasies.

Die ouers moes Maandag Andrews se lyk gaan uitken. Charis Pretorius, familiewoordvoerder, sê haar lyk het grusaam gelyk omdat sy vir so lank in die lykshuis moes lê.

Volg Find-it hier.