BLOEMFONTEIN. – Die Bloemfontein-hooggeregshof het vandag oor André Pienaar se borg besluit, nadat hy appelleer het. Die uitspraak word voorbehou tot Maandag.
Dit volg na sy aansoek om borgtog op 13 Oktober in die Senakal-landdroshof afgekeur is.
Pienaar is op 8 Oktober na die Senekal-optog in hegtenis geneem en van poging tot moord, aanhitsing van geweld en openbare geweldpleging aangekla. Die terrorisme-aanklag is intussen teruggetrek.
Hy moet weer op 20 November 2020 in die landdroshof verskyn.



