SENEKAL. – Duisende mense met motors, vragmotors en selfs motorfietse word vandag in Senekal verwag.
Die polsie het dié keer voorsorgmaatreëls getref om seker te maak die byeenkoms bly vreedsaam. Daar word aparte strate vir EFF, Afriforum en Unite Against Famers and Atacks geallokeer. Kapt. Van Zyl, veiligheidsorganiseerder, sê die groepe sal nie bymekaar kan uitkom nie, asook nie by die landdroshof nie.
Daar is ook verskeie padblokkades waar motors vir vuurwapens deursoek sal word
Die twee verdagtes vir die moord op Brendin Horner verskyn vandag in die Senekal-landdroshof.



