Aanhangers en mede country-sangers neem afskeid van die bekende Sally Vaughn (75) ook as ‘Mama Country’ bekend. Die nuus het vanoggend op sosiale media versprei en verskeie mense het foto’s en huldeblyke gedeel.
Sally is gisteraand rustig in haar slaap oorlede nadat sy twee weke gelede begin siek word het. Sy was in Virginia-hospitaal opgeneem. Sally het jare lank met haar gesondheid gesukkel en het net 20% van haar hartfunksie oorgehad.
Aanhangers sal Sally vir haar treffers ‘Glory Glory Hallelujah’ en ‘Somewhere between’ onthou.
Volg Find-it hier.



