Familie op soek na vermiste Beaconsfield-vrou

Deel hierdie storie / Share this story

Die familie van die 25-jarige Jamie du Toit van Beaconsfield is baie bekommerd na sy vanoggend om ongeveer 01:30 by die huis weggeloop het.

Annemarie Bosman, Du Toit se skoonma, sê Du Toit het in die oggendure met haar man stry gekry, waarna sy besluit het om te loop. Hulle kindjie (2) was gelukkig toe by die huis en sy pa kon na hom kyk.

Sophia Gatyeni, Du Toit se ma, sê sy kyk nou na die kindjie. “Ons het haar nog nie as vermis aangemeld nie, want ek kan nie met die kleintjie loop nie. Ek hoop maar dat almal na haar sal help soek.”

Bosman sê na wat hulle van boodskappe op WhatsApp-groepe kon aflei, is Du Toit moontlik na ‘n vriendin met die naam Veruschka.

Die familie doen ‘n beroep op die gemeenskap om hulle oë oop te hou en te laat weet sodra hulle haar miskien iewers gewaar. Kontak vir Annemarie by 062 559 0968 indien jy enige inligting het oor waar Du Toit haarself bevind.