Horner-moordverdagtes kom Vrydag op Senekal voor

Deel hierdie storie / Share this story

SENEKAL. – Die twee verdagtes wat vir die moord op Brendin Horner op 3 Oktober in hegtenis geneem is, maak hulle tweede verskyning Vrydag in die Senekal-landdroshof.

Op Paul Roux opgespoor

Brendin (21) se lyk is op 2 Oktober om 06:30 op ’n plaas hier gevind. Sy liggaam was aan ’n paal vasgemaak. ’n Mes is op die toneel gekry en Horner se Toyota Hilux-bakkie is later, met bloedvlekke op, naby Duikfontein-plaas op Paul Roux opgespoor.

Sekwetje Mahlamba (32) en Sekola Matlaletsa (43) is die twee verdagtes wat vlugtig op 6 Oktober in die Senekal-landdroshof verskyn het. Die twee verdagtes is nie op dié dag borg toegestaan nie. Op 6 Oktober het duisende mense van oral buite die Senakal-landdroshof bymekaargekom.

Vreedsame optog

Verskeie groepe, onder andere AfriForum en Unite Against Farm Murders/Attacks, beplan reeds hulle vreedsame optog na Senekal dié Vrydag. Die hoofdoel van die optog is vir mense om saam te staan teen plaasmoorde en om internasionale bewusmaking te skep.

Hou FiND iT Vrydag dop wanneer ons die hofsaak en optog sal volg.

Volg Find-it hier