KAAPSTAD. – Pasiënte moes na ander sale geskuif word toe ’n brand by die Mediclinic Cape Gate uitgebreek het.
Die brand het gisteraand om 19:00 by die opleidingskamer uitgebreek. Niemand is tydens die voorval beseer nie. Die oorsaak van die brand is onbekend.
Tertia Kruger, woordvoerder van Mediclinic, sê die nooddienste het vinnig die brand onber heer gekry. Kruger s0234 twee personeellede is vir rookinaseming behandel. Pasiënte is as ’n voorsorgmaatreël na ander sale geskuif.
Die brandweer was tot middernag op die toneel.
Volg Find-it hier.



