KURUMAN . – Die video waar ’n groep mans ’n man van Daniëlskuil aanval en beroof, het heftige kommentaar op sosiale media uitgelok.
Giep Niemann (65) was die naweek deur ’n groep mans op die grond neergegooi en sy besittings is van hom gevat. Soon Niemann, sy seun, het ook die video op Facebook gedeel en die voorval aan FiND iT bevestig.
“‘n Man het sy selfoon uit sy boonste sak geryp en my pa het hom probeer agterna sit. Die voorval op die video het na die insident gebeur.”
Soon sê ‘n man het sy pa gelok deur vir hom te sê die man wat sy selfoon gegryp het, het in ’n spesifieke rigting gehardloop. Na Niemann in daardie rigting gehardloop het, is hy deur ander mans aangeval.
Nadat hulle Niemann oorrompel het, loop die man weg van die toneel.
Soon sê sy pa het nie dadelik ’n klag by die polisie gaan lê nie. “Hy voel vernederd en sy knieg het seergekry.”



