Eben Etzebeth ondersteun #care4kings

Deel hierdie storie / Share this story

SUID-AFRIKA. – Eben Etzebeth, Springbok-rugbyspeler, sê in ‘n persoonlike video wat by sy huis opgeneem is, dat hy die #care4kings-fondsinsameling ondersteun.

Hier is die video:

https://www.facebook.com/441831859565179/posts/1133315787083446/

Care 4 Kings, begin deur Braam van Straaten, voormalige Springbok-rugbyspeler en voormalige afrigter van die Southern Kings, samel geld in om die spelers en personeel van die Kings te ondersteun totdat hulle ander heenkome kry.

Etzebeth sê in sy video hy ondersteun die #care4kings. “Hulle is ‘n massiewe deel van Suid-Afrikaanse rugby en hulle het al die hulp nodig wat hulle kan kry.”

Hy vertel dan van die aanlyn memorabilia-veiling wat die naweek op www.care4kings.co.za plaasvind.

Om die inistiatief te ondersteun, gaan na www.care4kings.co.za om te registreer. Die items op die veiling sal die week bekendgestel word, maar van Straaten sê sy eie Springbok-baadjie word opgeveil.