KIMBERLEY. – Laerskool Staats in Kimberley se leerlinge het uitgeblink in vanjaar se landswye redenaarskompetisies.
Erin MacKenzie, ’n graad R-leerling, het vir die aanwesiges “Die belangrikheid van slaap vir ’n 5-jarige kind” ingelig. Dit was vir haar maklik om in die drie minute lange toespraak die beoordelaars te oortuig dat sy dié kompetisie moet wen.

Beaunique Abrahams het nie toegelaat dat die Covid-pandemie haar onderkry nie. Sy het die jaar derde plek in die Graad 5, Engelse afdeling van die Oppie Tong Af- virtuele redenaarskompetisie gekry.

Twee van die graad 7’s het ook met hulle talent gespog. Tydens die tweetalige afdeling van die Radikale Redenaars het Amy Wolfaard derde plek en Ataliah Davids eerste plek behaal.

Volg Find-it hier.



