DA dien aanklag teen Malema in

Deel hierdie storie / Share this story

Vandag sal die DA-hoofsweep, Natasha Mazzone-LP, strafregtelike aanklagte indien teen die EFF-leier, Julius Malema, en die EFF-parlementslid, Nazier Paulsen, oor kommentaar op sosiale media-poste wat geweld aanhits.

Malema het Woensdag getwiet: “Magwala a chechele morago! (Lafaards beweeg agtertoe) Vegters val aan!” en as ’n opvolg het hy die naweek ’n foto van ’n masjiengeweer getwiet. Paulsen, wat Malema se onbeskaamde aanhitsing van geweld aanmoedig, het ’n foto geplaas met ’n masjiengeweer met die opskrif: “Maak gereed!”

Die Suid-Afrikaanse polisiediens (SAPD) het vandeesweek bewys dat hy in staat is om diegene op te volg wat na bewering geweld aanhits, soos blyk uit die vinnige optrede teen die vermeende aanstigter van die geweld in Senekal. “Ons hoop dat die polisie nou dieselfde energie sal toepas om Malema en die EFF ewe sterk tot verantwoording te roep.”

Die DA is van mening dat sowel Malema as Paulsen verantwoordelik gehou moet word vir hul aanhitsende plaasings.