Registrasies vir Care 4 Kings-veiling nou oop!

Deel hierdie storie / Share this story

Registrasies vir die aanlynveiling deur Care 4 Kings is nou oop! Registreer by www.care4kings.co.za om deel te neem aan die veiling.

Braam van Straaten, voormalige Springbok-rugbyspeler en voormalige afrigter van die Southern Kings, veil sy eie Springbok-rugbybaadjie op.

“Dis vir my baie emosioneel. Rugby het my al so baie gegee. Die spel het my gemaak wie ek is vandag. Daarom veil ek my baadjie op. Ek hoop die baadjie kan ’n verskil maak aan die #care4kings-fonds,” sê van Straaten.

Lees die storie agter die storie hier.

Registreer nou by www.care4kings.co.za!