Meisie (6) weier dat rower TV steel

PORT-ELIZABETH. – ’n Meisie (6) het geweier dat huisrowers die TV steel waarop sy besig was om TV te kyk.

Kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, sê die huiswerker se dogterjie was besig om TV te kyk toe die voorval plaasvind.

Selfoon en geld gevat

Daar word beweer die huiswerker het haar middagete gaan haal toe ‘n rower die huis binnegaan. Die verdagte (27) het die huiswerker se selfoon en geld gevat.

Toe die verdagte en die huiswerker die TV-kamer binnegaan, het hy die huiswerker gedwing om die TV te ontkoppel.

Skootrekenaar gegryp

Naidu sê die dogtertjie het haar nie veel aan die verdagte gesteur nie en het hom gedreig deur te sê sy gaan haar ouma roep. Daarna het sy na die kamer gegaan waar haar ouma slaap.

Die verdagte het die ouma sien aankom en het dadelik weggehardloop. Hy het intussen ook ‘n skootrekenaar gegryp.

Die verdagte is later in hegtenis geneem met die gesteelde goedere in sy besit.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *