DELMAS. – ‘n Samekoms van mense word Dinsdag hier verwag wanneer die verdagtes vir die moord op Chantel Kershaw in die Delmas-landdroshof verskyn.
Delmas-landdroshof
Lita Fourie se die groepe kom Dinsdag om 07:00 by Farmers Meat in Sundra bymekaar. Almal vertrek dan om 07:30 na die Delmas-landdroshof. Sy sê wanneer die hof om 09:00 begin moet almal reeds by die hof wees. Motors, bakkies en trekkers is ook welkom.
Kershaw is op 30 September 2020 in haar motorhuis op ‘n kleinhoewe doodverwurg. Haar ma is ook tydens die voorval aangrand en vasgebind. Sy kon haarself loswikkel en het die polisie en nooddienste ontbied.
Tuinwerker
Die verdagtes het die toneel met ‘n gesteelde bakkie gevlug. Hulle het 14 km van die kleinhoewe beheer oor die bakkie verloor. Kershaw se tuinwerker is saam met die mans in hegtenis geneem nadat die tuinwerker se nommer op die verdagtes se selfoon gevind is.
Kershaw se lyk is later op die toneel gevind.



