Projek ter waarde van R1,55 miljard vir Kimberley

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY. – Daar word beplan om rolprentateljees ter waarde van R1,55 miljard net buite Riverton naby Kimberley te bou.

Die projek, Kora Studios, is die week bekendgestel.  Alex van der Walt, uitvoerende hoof van Kora Studios, berig baie nasionale sowel as internasionale rolprentvervaardigers stel belangstel om die geriewe te gebruik.

Volgens dr. Zamani Saul, premier van die Noord-Kaap, is Kimberley en die omliggende areas die perfekte plek vir so ’n projek. Saul sê dit gaan verskeie werksgeleenthede skep.

Daar word ook ander projekte beplan. Van der Walt sê dit sluit ’n baksteenfabriek, die vervaardiging van transformators en die bou van woonstelle in dele van Kimberley in.

Die bouwerk vir die rolprentateljeesprojek gaan in April 2021 begin.