Verbeel jou jy was 2,08 m lank

Deel hierdie storie / Share this story

Maci Currin (17) se naam is in die Guinness-wêreldrekordboek vir 2021 as die vrou en tiener met die langste bene.

Die boek berig Currin se bene is ongeveer 135 cm lank. As sy staan, meet sy 2,08 m lank en haar bene verteenwoordig 60% van haar lengte. Sy is baie gewild op TikTok en maak video’s waar sy met haar buitengewone lang bene spog.