HARTSWATER. – Elvis Malebo (26) het Evelyn Mocumi (27) met ‘n panga doodgeslaan en 34 keer met ‘n mes gesteek.
Die voorval het op 14 Junie 2020 omstreeks 07:30 plaasgevind toe die beskuldigde Mocumi met ‘n 33-jarige man in die informele nedersetting betrap. Malebo het na sy huis gegaan om die wapens te gaan haal en die man met ’n panga gedreig. Die man het van die toneel gevlug en die beskuldigde het die vrou vermoor.
Malebo is minute later deur die Hartswater-polisie in hegtenis geneem en het in aanhouding tot sy verskyning gebly. Hy het skuld beken en 25 jaar tronkstraf ontvang vir die moord en 12 maande vir aanranding op die man. Die vonnisse sal gelyktydig uitgedien word.



