Dogtertjie (3) verdrink

Deel hierdie storie / Share this story

JOHANNESBURG. – ’n Dogtertjie (3) is dood nadat sy na bewering in die swembad by ’n huis beland het.

Ineke van Huyssteen, ER24-woordvoerder, sê die paramedici het behandeling op pad na die hospitaal op die dogtertjie toegepas, maar sy is later ten spyte van die pogings dood verklaar. Van Huyssteen bevestig met die nooddienste se aankoms was die dogtertjie deur omstanders op die erf omring. Die omstanders het ook mond-tot-mond-asemhaling op haar toegepas.