Boer Hentie and Hantie soek ander heenkome

Deel hierdie storie / Share this story

Boer Hentie, van Boer Soek ’n Vrou, en Hantie se droom van ’n plaaslewe saam het tot ’n einde gekom.

Hentie het in April ’n brief gekry dat hy as die bestuurder van die plaas afgelê is om onkoste tydens die inperking te spaar. Hantie werk tans as ’n boedelberedderaar by ’n prokureursfirma op Clanwilliam.

Gevestig by die firma

Hentie moes toe ’n nuwe hoofstuk in Pretoria begin, vir eers sonder Hantie. Sy is reeds gevestig by die firma en sal later by hom aansluit. Hantie het verlede jaar sak en pak na haar boer getrek en nou is hulle droom aan skerwe.

Hentie gaan organiese rooibostee van ’n plaas in Bloemfontein in die Cederbergstreek in die noorde van die land bemark.

Struikelblok oorleef

Hantie sê sy is bang mense sien hom alleen in Pretoria en dink dat hy nou alleenlopend is. Die paartjie bevestig hulle staan saam en is oortuig hulle verhouding gaan hierdie struikelblok oorleef. Alhoewel Hentie nie meer boer nie, hou hy homself steeds besig met houtwerk. Dit het ook nou vir hom ’n inkomste geword.

Die paartjie erken die verlange sal swaar wees, maar hulle gaan alles in hulle vermoë doen om mekaar soveel as moontlik te sien.