Die Noord-Kaapse departement van gesondheid het die nuutste Covid-19-syfers in die provinsie bekendgemaak.
Daar is nou 18 212 positiewe gevalle, waarvan 15 087 van die virus genees is. Daar is dus 2 895 aktiewe gevalle van die virus in die provinsie.
Die sterftesyfer staan op 228.



