Die Covid-19-syfer in Suid-Afrika het oornag met 1 913 gestyg. Daar is nou ‘n totaal van 685 155 positiewe gevalle in die land.
Die land se gesondheidspanne kon tot dusver 4 318 514 toetse vir die virus doen. Daar is 618 127 persone van die virus genees en 17 248 sterftes.
Gauteng bly die provinsie met die meeste gevalle.



