Eljoh Oortzen is al moedeloos nadat sy talle kere die gebarste pyp in O’Brianstraat, Monumenthoogte aangemeld het, maar niks word omtrent die saak gedoen nie.
“Die water loop al vir drie maande in die straat af. Die water stroom al oor Kimberley Junior se grasperk,” sê Oortzen.
Oortzen sê die gras groei al tussen die krake van die straat, so word die pad deur die gebarste pyp beskadig. “Die sypaadjie en die hele straat is deurtrek van die water, die hele area bly heeltyd nat.” FiND iT het die probleem aan Sol Plaatje rapporteer en wag vir terugvoer.



