Een boer is in hegtenis geneem na die Senekal-optog wat volg na die moord op Brendin Horner (21).
Andre Pienaar (52) is ’n boer van Marquad, maar is op Senekal woonagtig. Brig. Motantsi Makhele sê die verdagte word vir kwaadwillige saakbeskadiging en openbare geweld aangekla en sal binnekort in die Senekal-landdroshof verskyn.
Pienaar word na bewering in Bethlehem aangehou. Ilanie Oberholzer van N.O. Oelofse Prokureurs op Senekal het in ’n verklaring op sosiale media gesê dit gaan onder omstandighede goed met Pienaar. Oberholzer sê ook hulle kon nie gisteraand vir borg aansoek gedoen, omdat hulle nog vir die klagstaat moes wag



