Baba langs dooie ouers gevind

Deel hierdie storie / Share this story

LIMPOPO. – ’n Werkgewer het ’n huilende baba langs die lyke van sy werknemer en dié se vrou gevind. Die ouers van die baba is albei doodgesteek.

Brig. Motlafela Mojapelo, polisiewoordvoerder, sê die polisie het ’n beloning van R200 000 op die spel geplaas vir enigeen wat inligting kan verskaf wat kan lei tot die inhegtenisneming of vervolging van die moordenaar. “Die man (21) en sy lewensmaat (18) is Dinsdagmiddag in hulle huis in Garapitsi gevind.

“Die man se werkgewer het na hom gaan soek toe hy nie Dinsdag vir werk opdaag nie. Hy het die huis binnegegaan toe hy geen antwoord kry nie. Hy het die paartjie saam met hulle 1-jarige baba op die bed in die slaapkamer gevind.”

Enigiemand met inligting moet asseblief brig. Willy Mashava by 082 451 7188 kontak.