Eddie van Halen, die kitaarkoning van een van die beroemdste rockgroepe, nog, Van Halen, is vandag op die ouderdom van 65 aan kanker dood.
Die groep is reeds in 1974 gestig. Van Halen is een van die 20 beste topverkoperkunstenaars en die groep is in 2007 in die Rock ’n Roll-heldesaal vereer. Volgens die tydskrif Rolling Stone, het Eddie die agste posisie op die lys van die 100 beste kitaarspelers beklee.
Eddie het in 2000 ’n operasie ondergaan waartydens die helfte van sy tong verwyder is. Hy is daarna kankervry verklaar. In die begin van hierdie jaar is Eddie na Duitsland vir behandeling vir keelkanker.
Volg Find-it hier.



