Hoe om ’n brand op jou stoof te blus

Deel hierdie storie / Share this story

As ma’s is ons dikwels so besig en uitgeput dat dit so maklik is om dinge te vergeet. Baie mammas en vroue het al vergeet om die stoof af te sit of vergeet dat hulle selfs besig was om aandete te maak. Dit kan met enigiemand gebeur, maar die sleutel is om te weet hoe om ’n brand te blus wat voortspruit uit ’n kastrol wat op die stoof vergeet is.

Hier is ’n paar wenke:

  • Bedek die vlamme met ’n metaaldeksel. Los die deksel op totdat dit afgekoel het.
  • Skakel die stoof af.
  • As die brand klein en hanteerbaar is, gooi koeksoda of sout daarop om die vlamme te smoor.
  • Moenie probeer om die kastrol of pan na buite te dra nie.
  • Moenie meel, bakpoeier of ander produkte gebruik wat lyk soos koeksoda nie. Hulle het ’n ander chemiese samestelling en reageer nie dieselfde nie. Dit sal die brand vererger.

Wat om te doen as jy nie die brand kan blus nie:

  • GAAN UIT! Jy en jou familielede moet so gou as moontlik uit die huis kom om wonde of lewensverlies te voorkom. Moenie probeer om ’n held te wees nie.
  • Bel die brandweer sodra jy op ’n veilige afstand van die brand is.
  • Moenie weer by jou huis ingaan voordat die brandweermanne die brand in bedwang het nie.