KIMBERLEY. – Die Kimberley-polisie versoek die publiek om te help met die opsporing van ‘n 22-jarige vrou, Thandiwe Jouline Venolia Jobela.
Jobela is op Sondag 04 Oktober 2020 omstreeks 20:15 laas by haar ouers se huis in Greenpoint gesien. Sy het haar huis verlaat om by haar suster in Diamond Park te gaan kuier, maar sy het nie haar bestemming bereik nie.
Sy het ‘n blou-en-wit jeans met ‘n bruin trui met tekkies aangehad. Sy het ‘n pienk Adidas-rugsak gedra. Sy is lig van gelaat en medium lengte.
Enigiemand met inligting oor waar sy haar kan bevind, kan a.o. Markgraaf van Kimberley Speurders by 078 047 4437 Crime Stop by 08600 10 111 kontak.
Volg Find-it hier.



