Polisie op soek na verkragting-verdagte

Deel hierdie storie / Share this story

Die polisie ondersoek tans ‘n saak van verkragting na ‘n 17-jarige meisie ne bewering by ‘n hoërskool in Kagisho verkrag is.

Brig. Mohale Ramatseba, polisiewoordvoerder, sê die voorval het glo op 7 Maart 2020 om 14:00 plaasgevind.

Volgens die 17-jarige het sy dié dag na skool badkamer toe gegaan toe ‘n onbekende manlike verdagte die deur oopgedwing, haar gewurg en verkrag het.

‘n Formele saak is op 20 Julie by die Kagisho-polisiestasie geopen en die polisie vra nou vir die gemeenskap se ondersteuning om die manlike verdagte op te spoor.

Alle inligting sal vertroulik hanteer word. Enigiemand met inligting oor die voorval, kontak vir a.o. Ntsokolo Zephe by 072 575 2980.