Word deel van brandbeskermingsassosiasie sê nooddienste

Deel hierdie storie / Share this story

Grasbrande steek kop uit die tyd van dié jaar en die Sol Plaatje-nooddienste wil groepe bymekaarmaak om die brande so vinnig as moontlik te stop.

Sol Plaatje-nooddienste is tans besig om ’n opname te maak van beskikbare hulpmiddele tydens grasbrande. Verlede het daar baie wegholgrasbrande binne sowel as buite die Sol Plaatje- munisipale area ontstaan.

Hulle wil boere wat nie lede van ‘n brandbeskermingsassosiasie is nie, aanmoedig om ‘n lid van ’n BBV-groep te word. Die doel van die BBV is om alle grondeienaars binne ‘n spesifieke gebied bymekaar te kry, om toerusting en mannekrag saam te voeg om veldbrande in ‘n gekoördineerde benadering te kan hanteer.

Indien daar omliggende boere, individue, organisasies, myne of besighede is wat wel beskik oor veldbrandtoerusting en wat beskikbaar is tydens groot grasbrandinsidente kan hulle vir Ryno Griesel kontak om op die whatssapp-groep gevoeg te word.

Belangrike inligting, ondermeer opleiding, hulp benodig, daaglikse brandgevaarindeks, sal op die groep gekommunikeer word. Kontak Ryno by [email protected] of 053-8324212 / 0834448003.