Die polisie in die Noord-Kaap het vandag finaal van brig. Samuel “Sampie” Koopman afskeid geneem. Brig. Koopman se begrafnis is in Soverby net buite Upington gehou.
Brig. Koopman het op 28 September sy stryd teen Covid-19 verloor. Lees meer hier.
Maj.-genl. Phiwe Mnguni, provinsiale kommissaris, het ‘n boodskap aan die oorledene se familie oorgedra.
Kol. Mashay Gamieldien, polisiewoordvoerder, sê die polisie is dankbaar vir die tyd wat Koopman ‘n lid van die SAPD was en vir die bydrae wat hy gelewer het.
“Vaarwel, brig. Sampie Koopman.”



