Andrew Louw, DA-leier in die Noord-Kaap, het Vrydag in ‘n verklaring aangekondig dat hy homself nie met die volgende verkiesing verkiesbaar gaan stel nie en ‘n nuwe leier op 5 Desember 2020 aangewys sal word.
Louw bly egter steeds ‘n leier van die provinsie tot ‘n nuwe leier demokraties op 5 Desember 2020 verkies word.
“Ek sien uit na die provinsiale kongres op 5 Desember wanneer ‘n nuwe leier aangewys sal word,” sê Louw.
Louw sê alhoewel nuwe leierskap nuwe idees laat vorendag kom, hy daarna uitsien om met die nuwe leier saam te werk.



