VRYSTAAT – ’n Brendin Horner, plaasbestuurder (21), is in ’n veld met ’n tou om sy nek aan ’n paal vasgemaak op sy plaas naby Paul Roux gevind.
Brig. Motantsi Makhele, polisiewoordvoerder, sê hy het beserings aan sy kop en gesig en is op die toneel dood verklaar. Daar word beweer die plaasbestuurder het gisteraand teruggekeer na die plaas toe hy oorval is. Sy bakkie is later met bloedvlekke gevind.
Niemand is nog in hegtenis geneem nie.
Enigiemand met inligting kan sers. Brits by 0824667648 of kapt. Moloi by 0824196718 kontak.
Volg Find-it hier.



