Man verander sy dooie kat in hommeltuig

Deel hierdie storie / Share this story

Toe sy troetelkat dood is, het hy besluit die beste manier om aan die kat hulde te bring, is om hom in ’n hommeltuig (drone) te laat omskep.

“Toe hy die dag hier naby die huis deur ’n motor doodgery is en ek sy liggaam in my hande gehad het, het ek geweet ek gaan iets daarmee maak,” sê Bart Jansen, ’n Duitse kunstenaar. “Ek het besluit om ’n punt van sy onverwagte dood te maak.”

Jansen het toe die wêreld se eerste vlieënde dooie kat ontwerp.

“Elke nou en dan is mense geskok. Dis gelukkig net somtyds.”

– Bart Jansen

Vier lugskroewe is aan die kat se pote vasgemaak.

“Ek was nog altyd geïnteresseerd in die natuur en diere, al die dinge wat daarbuite woon. Die dood is ’n natuurlike deel van die natuur,” sê Jansen.

“Ek onthou toe een van my oumas oorlede is. Ek het daar langs die bed gestaan en haar liggaam gesien. Ek kon myself nie keer om aan haar te voel nie. Ek het gewonder: “Hoe voel dit as jy nie meer hier is nie? Dit was styf en koud.

“Ek het geen probleem daarmee om diere te slag nie, selfs al is dit my eie kat. As die kat dood is, is dit net ’n stof in die vorm van ’n kat, dis nie meer ’n kat nie.”

Sy kat is nie die enigste dier wat hy wou laat vlieg nie. Hy het selfs ’n opgestopte volstruis in ’n hommeltuig omskep.

“Dis vir my so lekker om die diere te laat vlieg. Die ouers en hulle kinders kom staan en kyk altyd en lag en neem foto’s. Dis ’n wonderlike gevoel. Ek weet die volstruis sou dit geensins anders wou hê nie.”

https://www.facebook.com/441831859565179/posts/1124383707976654/