Groter aardbewing vir Kaapstad, sê kenner

Deel hierdie storie / Share this story

Kaapstad sal waarskynlik ‘n groter aardbewing as die van 27 September beleef – die onlangse seismiese aktiwiteite in die omgewing van die stad kan ‘n aanduiding wees van stygende tektoniese spanning. Dit is die mening van professor Andrzej Kijko, direkteur by die Universiteit van Pretoria se Natural Hazard Centre.

1969 in Tulbagh

“Alhoewel ons nie presies kan sê wanneer ‘n aardbewing sal plaasvind nie, kan ons sê sodra ‘n aardbewing in ‘n spesifieke gebied plaasvind, dit weer in ‘n soortgelyke sterkte sal gebeur,” sê Kijko aan Business Insider. “Dit is net ‘n kwessie van wanneer.”

Die suidelike dele van die Wes-Kaap is een van die streke met die hoogste seismiese aktiwiteite in die land. In die Wes-Kaap het daar reeds twee van die mees verwoestende aardbewings in die Suid-Afrikaanse geskiedenis plaasgevind, 1969 in Tulbagh en 1809 in Milnerton.

R849,2 miljoen se skade

Kijko sê hy is nie bekommerd oor die Koeberg-kragsentrale nie, want dit is ontwerp om ’n sterk aardbewing te weerstaan. Hy is meer bekommerd oor Kaapstad self, oor groot geboue soos Groenpunt-stadion. Navorsing toon indien ‘n aardbewing wat 6.96 op die Richterskaal meet in Milnerton plaasvind, 19,3% van die stadion beskadig sou wees. Dit is ongeveer R849,2 miljoen se skade.

Volg Find-it hier.