Seun (15) wat ‘geboelie’ is, kan huis toe gaan

Deel hierdie storie / Share this story

Christiaan Emdin, die leerling at verlede week van die boonste verdieping by Hoërskool Klerksdorp geval het, kan uiteindelik huis toe gaan.

Onlangse boodskappe en plasings op ’n Facebook-groep bespiegel dat hy by die skool geboelie is en dat dit die oorsaak van die ongeluk kon wees. Christiaan het vier van sy rugwerwels, sy linkerarm, regterbeen, voet en pelvis in die ongeluk gebreek.

Annette Emdin, Christiaan se ma sê: “Dankie, vir elkeen se oproep en boodskap. Ons weet julle wil die wonderwerk sien, maar gee ons net kans tot Maandag om die huis te ontsmet en daarna sal ons besoekers toelaat.”

Nog ’n inskrywing lui: “Die dokters is verstom oor ons kind se vordering. Dis ’n wonderwerk. Alle eer aan ons groot Geneesheer.”