Die departement van onderwyser het na noukeurige oorweging besluit om die 2021 aanlyn skoolaansoeke tot Vrydag 9 Oktober 2020 te verleng.
Ouers en voogde sal ’n stelselgegenereerde SMS oor die suksesvolle plasing van hulle kinder ontvang. Daar sal van ouers verwag word om by die www.ncdoeadmissions.org-webwerf aan te meld om die plasing te aanvaar of te weier. Appèlle moet binne sewe dae na ontvangs van die kennisgewing by die kantoor van die LUR ingedien word. Appèlle sal slegs oorweeg word indien dit gebaseer is op verkeerde/onbillike toepassingsvereistes soos deur die departementshoof bepaal.



