BLOEMFONTEIN – Olly Mlamlei, uitgestemde uitvoerende burgemeester van die Manaung-metro, is vandag in hegtenis geneem weens die beweerde korrupsie met die R255 miljoen se asbesdakkontrak van die Vrystaatse regering.
Sewe mense word vandag in verband met die beweerde korrupsie in hegtenis geneem, waarvan vyf reeds aangekeer is. Die verdagtes verskyn Vrydag in die hof in Bloemfontein op verskeie aanklagtes. Al sewe staan tereg op bedrog en geldwassery. Nog aanklagtes kan ook bygevoeg word.
Mlamlei word in die Bainsvlei-polisiekantoor aangehou.
Volg Find-it hier.



