Pastoor verkrag meisie ‘om bose geeste te verwyder’

Deel hierdie storie / Share this story

PRETORIA. – Pastoor James Thubakgale (57) is op twee aanklagte van verkragting in die streekhof in Mankweng skuldig bevind en tot twee keer lewenslange tronkstraf gevonnis.

Mashudu Malabi-Dzhangi, Limpopo-woordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag (NVG), sê hy het vir die eerste slagoffer gesê hy kan haar van bose geeste verlos waarna hy haar verkrag het.

Malabi-Dzhangi sê die tweede voorval van ‘n 14-jarige meisie het na kerk in sy huis gebeur. Thubakgale het die slagoffer gebel en met haar aankoms is vir haar gesê God het haar lief. Hy het verder aan haar gesê die enigste probleem is sy het ’n ‘slang’ in haar maag.

Volg Find-it hier.