BLOEMFONTEIN. – ’n BMW het in die vroeë oggendure deur ’n muur van Spar Heuwelsig in Bloemfontein gebars waarna die bestuurder van die motor gevlug het.
Groot skade is aan die winkel aangerig. Die motor was steeds aangeskakel toe die winkeleienaar op die toneel kom, maar die bestuurder van die BMW was nêrens te vind nie.
Die motor het ’n GP-registrasienommer en is deur ’n insleepdiens verwyder. Daar word beweer die bestuurder het glo ure voor die gebeurtenis by ’n kroeg gekuier.
Volg Find-it hier.



