Ons neem afskeid van baba Mienke

Deel hierdie storie / Share this story

Mienke Mulder wat op 16 September in die gesin se huis in Benoni in haar slaap oorlede is, se gedenkdiens word om 11:00 Dinsdagoggend regstreeks uitgesaai.

Mienke is vanaf 2017 serebraal gestrem na sy by ’n dagsorgsentrum aan melk verstik het en vir ’n geruime tyd sonder suurstof was. Lees die vorige berig hier.

“Jou stem is stil in die huis en sommer net orals, jou plekkie is leeg. Jou betowerende giggle mis ons almal, even die woefies… Die ure stap stadig aan, maar ons hartjies bly stil staan, jou sussies se vragies is moeilik om soms te antwoord. Maar soos jy vir pappa ken verander die antwoord sommer gou-gou in n lag, want ons is ook bly vir jou. Ek is seker jy ry sommer al klaar jou fiets sonder daai kant wieletjies, en ek is seker sou jy val word jy gou opgehelp en getroos, en as jy n eina het hoop ek iemand staan reg met n fairy pleister, ek is so jammer dat jou tyd op aarde ek nie die een kon wees wat al hierdie goed met jou deel nie. Ek is jammer dat ek jou nie kon beskerm teen jou toestand nie, jammer ek kon jou nie beskerm by die dagmoeder nie,” lui Ryno Mulder, Mienke se pa, se inskrywing op ’n Facebook-groep.