Altesaam 48 motoriste is gedurende die langnaweek deur die nasionale verkeerspolisie in hegtenis geneem.
Daar is 25 motoriste weens spoed in hegtenis geneem. ‘n 23-jarige man is aangekeer terwyl hy 215 km/h in ‘n 120 km/h-sone gery het. ‘n Manlike passasier (24) is ook in hegtenis geneem na ‘n poging om ‘n beampte om te koop toe die bestuurder van die motor vir ‘n spoedoortreding in hegtenis geneem is. Daar is ook 21 motoriste vir dronkbestuur in hegtenis geneem.
Volg Find-it hier.



